0/11 en 0/13 Krieket vs Futurum 16 Oktober 2018

Op 16 Oktober 2018 het die 0/11 en 0/13 krieketspanne teen Futurum gespeel.  Hulle uitslae was as volg:

0/11:

HSH kolf eerste en teken 107 lopies vir die verlies van 6 paaltjies aan.  Charl du Plessis slaan 38, Lieb Higgs 25 en Keevy-Ann Fourie 33 lopies.  Futurum kolf hierna en teken 109 lopies met slegs 3 paaltjies plat aan en wen dus die wedstryd met 7 paaltjies.

0/13:

HSH kolf eerste en teken 121 lopies vir die verlies van 6 paaltjies aan.  Richard Smith slaan 35 en Thomas Bissett 24 lopies.  Hierna haal HSH se boulaanval al Futurum se kolwers uit vir slegs 39 lopies en HSH wen met 82 lopies.