0/11 en 0/13 Krieket vs Jacobsdal: 18 September 2018

Op 18 September 2018, het die 0/11 en 0/13 krieketspanne teen Jacobsdal by Jacobsdal gaan krieket speel.  Die uitslae was as volg:

0/11:

Jacobsdal kolf eerste en word almal uitgeboul vir 26 lopies.  Jacobsdal verdedig die totaal suksesvol en wen met 2 lopies toe hulle daarin slaag om HSH te beperk tot 24 lopies.

0/13:

HSH kolf eerste en word almal uitgeboul vir 58 lopies.  Luciën Bosman teken 10 en Junaid Jood 11 lopies aan.  Jacobsdal volg op en teken 59 vir 3 in die 14.1 ste boulbeurt aan en wen dus met 7 paaltjies.

Baie geluk aan Jacobsdal.