0/11 en 0/13 Krieket vs Prieska: 13 September 2018

Op 13 September 2018 het die 0/11 en 0/13 spanne teen Prieska krieket gespeel.  Die uitslae was as volg:

0/11:

HSH kolf eerste en teken 87 lopies aan.  Prieska word uitgeboul vir slegs 67 lopies en HSH wen dus met 20 lopies.  Baie geluk aan Francois Prins wie 40 lopies aanteken en Hendré Swiegers wie 3 paaltjies neem.

0/13:

HSH kolf eerste en teken 109 lopies aan met slegs 4 paaltjies plat.  Prieska volg op en word uitgeboul vir slegs 37 lopies.  HSH wen dus met 72 lopies.

Baie geluk aan JJ Fourie wie 28 nun en Richard Smith wie 24 lopies aanteken.