0/13 Krieket vs Laerskool Eureka: 19 September 2018

Op 19 September 2018 het ons 0/13 Krieketspan teen Laerskool Eureka gespeel.  HSH het eerste gekolf en 102/6 lopies in 20 boulbeurte aangeteken.  Luciën Bosman en Keenen Rooi het elk 19 lopies aangeteken.  Hierna volg Eureka op en word almal uitgeboul vir slegs 50 lopies.  Keenen Rooi het weer, soos dit ‘n ware veelsydige speler betaam, uitgeblink en behaal ‘n driekuns, terwyl Junaid Jood ook uitstekend geboul het en 3 paaltjies geneem het.  HSH wen dus met 52 lopies.