0/13 Uppies Laerskool Kriekettoernooi: 17-18 Augustus 2018

Op die naweek van 17 en 18 Augustus 2018 het HSH se 0/13 krieketspan aan die Uppies Laerskool Kriekettoernooi te Upington gaan deelneem.

Op Vrydagmiddag het HSH teen Kathu B in ‘n 20 beurt wedstryd gespeel.  Hopetown is ingestuur om eerste te kolf en teken 150 lopies in die toegelate boulbeurte aan met slegs 2 lopies plat.  Lucien Bosman en Junaid Jood het met die kolf uitgeblink en onderskeidelik 40 nun en 66 nun aangeteken.  Ons boulers en veldwerkers het hierna hul deel gedoen en ons beperk Kathu B tot 77 lopies met 8 paaltjies plat.  HSH wen dus met 73 lopies.

Tydens die aand wedstryd teen Vooruitsig word Hopetown weer eerste ingestuur om te kolf en ons teken 82 lopies in die 10 toegelate boulbeurte aan.  Vooruitsig volg op en ons beperk hulle tot slegs 63 lopies.  HSH wen dus met 19 lopies.

Op Saterdagoggend speel HSH in ‘n 35 beurt wedstryd teen Seodine.  Seodine kolf eerste en Hopetown slaag daarin om al hul kolwers uit te haal in die 27.5 ste boulbeurt vir 140 lopies.  Hierna volg HSH op, maar word ongelukkig almal uitgehaal vir slegs 75 lopies.  HSH verloor dus met 65 lopies.

Baie geluk aan Junaid Jood wie by die prysuitdeling aangewys is as die beste kolwer van die dag.  Hy wen ‘n selfoon geborg deur MTN.