0/15 en 0/19 Krieket vs Jacobsdal: 11 September 2018

Op 11 September 2018 het ons 0/15 en 0/19 krieketspanne teen Landboudal krieket gespeel.  Die uitslae was as volg:

0/15:

HSH kolf eerste en word almal uitgeboul vir slegs 58 lopies.  Landboudal volg op en teken die wenlopies aan met slegs een paaltjie plat.  Hulle wen dus met 9 paaltjies.

0/19:

HSH kolf eerste en teken 174 lopies in die toegelate 20 boulbeurte aan.  Die volgende spelers blink uit met die kolf:

Tertius de Wet slaan 16 lopies van 13 balle.

Wilikus Badenhorst moker 86 lopies van slegs 47 balle.

Jaytan Pedro slaan 29 lopies van 30 balle.

Landboudal volg hierna op en word beperk tot 116/8 in 20 boulbeurte.

Damien Louw neem 5 paaltjies in slegs 4 beurte.

HSH wen met 58 lopies.