0/15 Krieket vs De Aar: 18 Oktober 2018

Op 18 Oktober 2018 het HSH se 0/15 krieketspan teen De Aar gespeel.  HSH het eerste gekolf en 122 lopies vir die verlies van 6 paaltjies in 20 boulbeurte aangeteken.  Hoërskool De Aar word hierna ingestuur om te kolf en word almal uitgeboul in die 13.2de boulbeurt.

Die volgende spelers het met die kolf uitgeblink:

James-Henry Fourie – 54 nun van 49 balle.

Jack Wiid – 30 van 38 balle.

Die volgende spelers het met die bal uitgeblink:

JJ Fourie – 3 paaltjies met 15 lopies afgestaan.

Sarel de Wet – 3 paaltjies met 5 lopies afgestaan.

HSH wen dus met 68 lopies.