0/15 Krieket vs Landboudal: 25 Oktober 2018

Op 25 Oktober 2018 het die 0/15 krieketspan teen Landboudal gespeel.  Landboudal het eerste gekolf en 106 in 19.1 beurte aangeteken voordat die laaste paaltjie gekantel het.  Cohen Adonis neem 4 paaltjies vir 14 lopies in 4 beurte, Evan Titus 2 paaltjies vir 21 lopies in 4 beurte en JJ Fourie 1 paaltjie vir 13 lopies in 3.1 beurte.  Hierna word HSH almal uitgeboul vir slegs 42 lopies.  Landboudal wen met 64 lopies.