0/16 Netbalspan wen Noord-Kaap liga!

HSH se 0/16 netbalspan van 2018 het die Pixley Ka Seme liga vir ontwikkeling skole gewen.  Hulle het van 20-21 Junie 2018 aan die provinsiale wennersdag gaan deelneem, waar hulle tot die finaal deurgedring het en ook dié gewen het.  Die span eindig dus onoorwonne en wen die Noord-Kaap liga.  Vir die eerste keer in Hoërskool Hopetown se geskiedenis kwalifiseer daar ‘n netbalspan om aan die Nationale wennersdag wat in Boksburg gehou is te gaan deelneem!  Daar eindig hulle onder die top 15 skole in die land in hul ouderdomsgroep!  Baie geluk meisies, julle maak Hopetown trots!

0/16 Netbalspan van 2018