0/19 Krieket: 13 Oktober 2018

Op Saterdag 13 Oktober 2018, het die 0/19 krieketspan teen verskeie spanne krieket gespeel.  Die uitslae was as volg:

HSH vs Hoërskool De Aar:

HSH kolf eerste en teken 121 lopies aan met 9 paaltjies plat.  Jaytan Pedro teken 17 lopies aan terwyl Wilikus Badenhorst 31 lopies slaan.  Hierna beperk ons vir Hoërskool De Aar tot 50 lopies met 8 paaltjies plat.  HSH wen dus met 71 lopies.

HSH vs Hoërskool Steynville

Hoërskool Steynville kolf eerste en kan slegs 78 lopies aanteken voor hul laaste paaltjie kantel.  HSH volg op en teken die wenlopies aan met slegs 2 paaltjies plat.  Llayton Titus slaan 15, Johan Jansen 16 en Wilikus Badenhorst 26 lopies.  HSH wen met 8 paaltjies.