0/19 Krieket vs Landboudal: 16 Oktober 2018

Op 16 Oktober 2018 het HSH se 0/19 krieketspan teen Landboudal gespeel.  HSH het eerste gekolf en 267 lopies vir die verlies van slegs 3 paaltjies in hul toegelate 25 beurte aangeteken.  Die volgende spelers het uitgeblink met die kolf:

Tertius de Wet – 97 van slegs 79 balle.

Johan Jansen – 22 van 21 balle.

Wilikus Badenhorst – 111 (‘n Nelson) van slegs 49 balle.

Landboudal se spelers word hierna uitgeboul vir slegs 82 lopies en HSH wen dus met 185 lopies.