0/19 Krieket vs Orion: 20 Oktober 2018

Op 20 Oktober 2018 het die 0/19 krieketspan teen Orion gespeel.  HSH het eerste gekolf en teken 162 lopies vir die verlies van 4 paaltjies in die 20 boulbeurte aan.  Uitblinkers met die kolf was Llayton Titus met 28 lopies van 36 balle en Jaytan Pedro met 45 lopies van 57 balle.  Hierna word Orion ingestuur en hulle word almal uitgeboul vir slegs 12 lopies in die 7.3de boulbeurt.  Wilikus Badenhorst behaal ‘n driekuns vir slegs 4 lopies terwyl Llayton Titus ook met die bal uitblink en 7 paaltjies laat kantel vir slegs 7 lopies!  HSH wen met 152 lopies.