0/19 Krieket vs Veritas: 20 Oktober 2018

Op 20 Oktober 2018 het die 0/19 krieketspan teen Veritas gespeel.  HSH het eerste gekolf en teken 198 lopies vir die verlies van 7 paaltjies in die 20 boulbeurte aan.  Jaytan Pedro slaan 20 lopies van 21 balle, Tertius de Wet 18 lopies van 20 balle en Wilikus Badenhorst ‘n allemintige 107 van slegs 43 balle!  Hierna boul HSH vir Veritas in 10.4 boulbeurte uit vir slegs 55 lopies.  Wilikus Badenhorst neem 2 paaltjies vir 28 lopies, Jaytan Pedro 2 paaltjies vir 10 lopies en Llayton Titus 4 paaltjies vir slegs 13 lopies.  Met ‘n puik spanpoging wen Hoërskool Hopetown met 143 lopies.