Creare kom kuier!

“Die tong spreek lewe en dood…” Dit is die boodskap wat Creare Maandagoggend (25 Julie 2016) in die leerders van Hoërskool Hopetown se harte geplant het.

Wat is Creare? Creare is ’n Latynse woord wat beteken om te “create.” Hulle leer jou musiek speel, dans, kuns en nog baie meer en dit alles tot eer van die Here, met lofsang, liedjies en inspirerende praatjies tussen sessies.

Hulle toer deur die Noord-Kaap en verkondig die liefde van Jesus oral waar hul stop. Dankie aan Creare dat julle hier by Hopetown kom kuier  het.

cre

Dit was heerlik om julle hier by ons te hê en ons kan nie wag om julle weer te sien nie!