Nuus
Kalender
MMonday | TTuesday | WWednesday | TThursday | FFriday | SSaturday | SSunday |
---|---|---|---|---|---|---|
1March 1, 2021 | 2March 2, 2021 | 3March 3, 2021 | 4March 4, 2021 | 5March 5, 2021 | 6March 6, 2021 | 7March 7, 2021 |
8March 8, 2021 | 9March 9, 2021 | 10March 10, 2021 | 11March 11, 2021 | 12March 12, 2021 | 13March 13, 2021 | 14March 14, 2021 |
15March 15, 2021 | 16March 16, 2021 | 17March 17, 2021 | 18March 18, 2021 | 19March 19, 2021 | 20March 20, 2021 | 21March 21, 2021 |
22March 22, 2021 | 23March 23, 2021 | 24March 24, 2021 | 25March 25, 2021 | 26March 26, 2021 | 27March 27, 2021 | 28March 28, 2021 |
29March 29, 2021 | 30March 30, 2021 | 31March 31, 2021 | 1April 1, 2021 | 2April 2, 2021 | 3April 3, 2021 | 4April 4, 2021 |
JF Atletiekbyeenkoms uitslae: 27 Oktober 2018
/in Argief - Atletiek, Sport - Atletiek /by Doret VictorOp Saterdag, 27 Oktober 2018, het ‘n paar van HSH se kranige atlete gaan deelneem aan die JF Atletiekbyeenkoms wat in Bloemfontein gehou is. Hul uitslae was as volg:
Robin-Lee Eland (S 0/12):
100m – 1ste met ‘n rekord tyd van 12:40
150m -1ste met ‘n rekord tyd van 18:36
Robin-Lee word ook gekroon as die beste baan atleet by die byeenkoms.
Carmen Louw (D 0/13):
1500m – 2de met ‘n tyd van 5:28:17
800m – 3de met ‘n tyd van 2:33:59
Carlo Schlebusch (S 0/14):
200m – 6de in sy uitdun
90m Hekkies – 4de in sy uitdun
Schimonné Schlebusch (D 0/11):
Verspring – 2de met ‘n afstand van 3,65m
80m – 3de in haar uitdun
100m – 4de in haar uitdun
70m Hekkies – 5de in haar uitdun
Newton Atletiek: 17 Oktober 2018
/in Argief - Atletiek, Sport - Atletiek /by Doret VictorOp 17 Oktober 2017 het 10 van HSH se Laerskool atlete aan Newton se Atletiek byeenkoms in Kimberley gaan deelneem. Die volgende atlete het gaan deelneem en hul uitslae was as volg:
0/13:
Carmen Louw – 800m (Goud), 1500m (Goud)
Nina de Wet – Gewigstoot (Silwer)
0/11:
Andreas Badenhorts – Gewigstoot (Silwer), Verspring (Brons)
Shimonné Schlebusch – Verspring (Goud), 100m (Brons), 80m (Brons)
0/9:
Minka van Pletzen
Didi Burger
0/8:
Marlu Kriek
Joshua Strauss
Andronisha Fredericks
Sakura Finck
HSH Atleet wen dubbele goud by SA’s!
/in Argief - Atletiek, Sport - Atletiek, Tuisblad - Nuus /by Doret VictorBaie geluk aan Robin-Lee Eland met jou fantastiese wen van die 80m Seuns 0/11 by 2018 se SASA Nasionale Primêre Skole Baan en Veld Kampioenskappe wat die afgelope naweek in die Paarl plaasgevind het! Robin-Lee het gewen met ‘n tyd van 0:09.64 nadat hy sy uitdun met ‘n tyd van 0:10.86 gewen het en hierna ook sy semi-finaal met ‘n tyd van 0:10.72.
Robin-Lee het sy puik prestasie die volgende dag herhaal toe hy ook die 100m Seuns 0/11 oortuigend gewen het! Sy tyd in die finaal was 0:13,46 nadat hy 0:13.09 in sy uitdun gehardloop het en 0:12.99 in sy semi-finaal.
Robin-Lee het ook aan die Verspring Seuns 0/11 deelgeneem en met ‘n afstand van 4.63m ‘n vierde plek behaal. Sy afstand was slegs 3cm kort van die derde plek!
Ons is geweldig trots op jou Robin-Lee en kan nie wag om jou terug te verwelkom nie!
Almal by die huis staan bankvas agter jou en Shimonné Schlebusch (Dogters 0/10), wie ook in die Verspring meegeding het en met ‘n afstand van 3.48 onder moeilike omstandighede vir haarself ‘n veertiende plek tydens haar eerste SA’s verseker het!
Baie geluk ook aan TJ van der Walt, wie aan die South African High Schools Track and Field Championships 2018, wat van 21-24 Maart in die PUC McArthur Atletiek stadium in Potchefstroom plaasgevind het deelgeneem het. Hy het ‘n 13de plek in gietende reën en op ‘n sopnat baan in die 400m Seuns 0/15 behaal.
2018 TJ van der Walt S0/15 400m
Ons is geweldig trots op ons atlete wie hul, dikwels onder uiterste toestande, uitstekend van hul taak gekwyt het en hul beide met prestasie en gedrag onderskei het van die res! Almal in Hopetown kyk op na julle en beskou dit as ‘n groot voorreg om met julle geassosieer te word!
SA Atletiek Kampioenskappe 2018
/in Argief - Atletiek, Sport - Atletiek /by Doret VictorDie volgende HSH atlete is ingesluit in die Noord-Kaap Atletiekspan om by die SA kampioenskappe te gaan deelneem:
South African National Schools Track and Field Championships, 15-17 Maart 2018, Paarl, Wes Kaap
Shimonné Schlebusch – D0/10: Verspring
Robin-Lee Eland – S0/11: 80m, 100m en Verspring
South African High Schools Track and Field Championships 2018, 21-24 Maart 2018, PUC McArthur Athletics stadium, Potchefstroom, Noord Wes
TJ van der Walt – S0/15: 400m
Baie geluk! Ons hoop dat julle volgehoue harde werk, ook in die af-seisoen, persoonlike beste tye en afstande sal verseker en weet dat jul ons skool se vaandel hoog en trots sal dra!
Pixley Atletiek uitslae 24-02-2018
/in Argief - Atletiek, Sport - Atletiek /by Doret VictorUitPerIteme Top 20 senior Top 20 Junior
Atletiekuitslae: Dorpsbyeenkoms 7 Februarie 2018
/in Argief - Atletiek, Sport - Atletiek /by Doret Victor18-02-16 Atletiek Dorpsbyeenkoms uitslae
TJ van der Walt “Puma School of Speed” Potchefstroom
/in Argief - Atletiek, Sport - Atletiek, Tuisblad - Nuus /by Doret VictorOp Saterdag, 20 Januarie 2018, het TJ van der Walt by die PUC McArthur Stadion aan die “Puma School of Speed” byeenkoms gaan deelneem.
“Puma School of Speed” is gestig in November 2016 en die wêreld se vinnigste man, Usain Bolt, staan aan die hoof van die organisasie. Die doel van die organisasie is om die atletiek talent in Suid-Afrika te ontgin en ontwikkel. Atlete kan inskryf vir die 100m, 200m, 400m, 800m, 1500m, kort hekkies, aflosse, verspring en hoogspring. Atlete neem in die volgende ouderdoms-kategorieë deel, nl. 0/14, 0/15, 0/16, 0/17 en 0/19. Die reeks word deur atletiek federasies onderskryf en prestasies kan gebruik word vir kwalifikasie vir Provinsiale en Nasionale kampioenskappe.
TJ het by hierdie byeenkoms deelgeneem aan die 100m, 400m en die verspring. In al drie die items waaraan hy deelgeneem het, het hy eerste plekke behaal!
Baie geluk TJ! Ons sien jou toewyding en onverpoosde werk daagliks raak! Jy is ‘n voorbeeld en inspirasie vir menige leerder en so ook vir enigiemand, ongeag hul ouderdom, wat ‘n doelwit het wat hul nastreef. Jy is voorwaar ‘n uitstekende ambassadeur vir die skool en ons is geweldig trots op jou!
ABSA Jim Fouche Uitnodigings byeenkoms 28 Oktober 2017 te Bloemfontein
/in Argief - Atletiek, Sport - Atletiek /by Doret VictorRobin-Lee Eland (Seuns 0/11)
80m 1ste (00:10.96)
100m 1ste (00:13.22)
Verspring 2de (4.35m)
TJ van der Walt (Seuns 0/14)
200m 2de (00:24.83)
Verspring 1ste (5.86m)
100m 1ste (00:11.87)
MJ Pieters (Seuns 0/14)
Verspring 3de (4.52m)
JF Atletiekbyeenkoms 21 Oktober 2017
/in Argief - Atletiek, Sport - Atletiek /by Doret VictorJana de Villiers (0/14)
800m: 7de (2:65;61)
400m: 6de (73:21)
MJ Pieters (0/14)
100m Hekkies: 7de (0:20;27)
300m Hekkies: 5de (0:53;19)
TJ van der Walt (0/14)
100m: 2de (0:12;32)
200m: 2de (0:24;45)
400m: 1ste (0:55;22) Dit is ‘n nuwe item vir TJ en sommer ook ‘n nuwe byeenkoms rekord!
JJ Fourie (0/15)
Spiesgooi: 7de (34,21m)
Diskus: 5de (36,38m)
400m: 5de (0:57;6)
Marizaan Ferreira (0/16)
100m: 4de (0:12;48)
200m: 1ste (0:26;98)
400m: 2de (0:60;67)
Clover Atletiek byeenkoms 14 Oktober 2017
/in Argief - Atletiek, Sport - Atletiek /by Doret VictorOp 14 Oktober 2017 het Marizaan Ferreira, TJ van der Walt en Jordan Kok aan die Clover atletiekbyeenkoms in Bloemfontein gaan deelneem.
Baie geluk aan TJ met sy 5de plek(uit 28 atlete) in die 200m en sy 16de plek (uit 48 atlete) in die 100m.
Baie geluk aan Marizaan wat met ‘n brons medalje in die 400m daar weggestap het!
Ons spog graag met ons 2017 SA atlete wat so vroeg in die atletiekseisoen al klaar so mooi vorm begin bereik!
Sportvelde word opgeknap
/in Argief - Atletiek, Argief - Tennis, Sport - Atletiek, Sport - Netbal, Sport - Tennis /by Doret VictorDaar heers ‘n opgewonde atmosfeer by HSH terwyl daar geswoeg en gesweet word in die Noord-Kaap son om verskeie bane sommer gelyktydig voor te berei vir 2017 se sportseisoen.
Die netbal- en tennisbane wat nie in 2016 ‘n nuwe oppervlakte gekry het nie, word nou gedoen. Die tennisbane wat gereed is vir gebruik, word reeds elke middag beset deur ywerige tennisspelers wat besig is met die finale voorbereidings vir die Noord-Kaap tennisproewe wat DV die naweek van 19-21 Januarie 2017 te Kimberley gaan plaasvind.
Op die atletiekbaan is die rollers aan die hardloop om die oppervlak hard en gelyk te kry vir Vrydag, 20 Januarie 2017, wanneer die Swart-span en die Goud-span mekaar weer die stryd gaan aansê tydens die jaarlikse kleure atletiek byeenkoms.
Sterkte aan al die HSH leerlinge wat tydens hierdie geleenthede gaan deelneem! Ons hoop julle geniet elke oomblik en hou die skool se naam hoog deur elk net sy bes te doen!
Jim Fouche atletiek byeenkoms
/in Argief - Atletiek, Sport - Atletiek /by Doret VictorTydens die voor-seisoen het ons atlete ywerig begin om hulself voor te berei vir die 2017 atletiek seisoen wat om die draai is. Hulle was so bevoorreg dat hulle die geleentheid gehad het om op tartanbane te kon deelneem.
Op Saterdag, 22 Oktober 2016, het 2 hoërskool atlete aan die Jim Fouche atletiek byeenkoms in Bloemfontein gaan deelneem. Nicola Wiid het 8ste in die 400m geëindig en Roe Wiid 10de in die 300m hekkies.
Die daaropvolgende Saterdag, 29 Oktober 2016, het 6 laerskool atlete aan die Jim Fouche atletiek byeenkoms te Bloemfontein gaan deelneem. Die atlete het baie ondervinding opgedoen asook gesien waaraan hulle in die komende atletiekseisoen aandag sal moet gee.
Die uitslae van die byeenkomste is slegs tot by die vyfde posisie bekend gemaak. Die volgende atlete het onder die eerste 5 plekke geëindig:
Shimonne Schlebusch – 60m (5de),
Jack Wiid – 200m Hekkies (5de),
TJ van der Walt – 200m (5de), Verspring (4de) en 100m (3de).
Paule Jansen, Carlo Schlebusch en Driean Wiid het ook aan die byeenkoms deelgeneem.
GWK en Oase kwekery Top 10 Atletiekbyeenkoms
/in Argief - Atletiek, Sport - Atletiek /by Doret VictorHoërskool Hopetown het op Saterdag, 22 Oktober 2016, ons eerste GWK en Oase kwekery top 10 atletiekbyeenkoms by die Stadion in Kimberley aangebied. Atlete van verskeie skole soos Newton, Douglas, Jacobsdal en Seodin het deelgeneem aan die byeenkoms. Dit is die eerste keer wat HSH hierdie byeenkoms aanbied en ons glo dat dit in die toekoms sal groei en uitbrei.
Atlete van HSH wat medaljes ontvang het:
Jani Prins 60m (2de); 80m (2de)
Shimonne Schlebusch 60m (1ste); 80m (1ste); 100m (2de)
Le-Ru Klok 60m (3de); 80m (2de)
Theresa Koekemoer 80m (2de)
Robin-Lee Eland 80m (1ste); 100m (1ste)
Charl du Plessis 80m (2de); 100m (2de)
Driean Wiid 80m (2de); 100m (1ste), Verspring (2de); 70m Hekkies (1ste); 150m Hekkies (1ste)
Hennie du Plessis 1200m (2de), Hoogspring (2de), 70m Hekkies (3de)
Mischka van Wyk 100m (1ste); 200m (1ste); Verspring (2de)
Carlo Schlebusch 100m (1ste); 150m (1ste); Verspring (2de)
Junaid Jood Verspring (1ste); 75m Hekkies (1ste)
Jana Coetzee 100m (2de); 200m (1ste); Verspring (2de)
Jack Wiid 80m Hekkies (1ste); 200m Hekkies (1ste)
TJ van der Walt 100m (1ste); 200m (1ste); Verspring (1ste)
Top 10-byeenkoms
/in Argief - Atletiek, Sport - Atletiek /by Doret VictorOp Saterdag 1 Oktober 2016 het ses van HSH se leerders aan die Madibaz Best Med Top 10-atletiekbyeenkoms in Mosselbaai gaan deelneem. Hulle was Jana Coetzee, Jean-Pierre Senekal, Carlo Schlebusch, TJ van der Walt, Jaco Visagie en Nicola Wiid. Groot skole van regoor die land, soos Nico Malan, DF Malan, Paarl Gim, Overkruin, Bredasdorp en verskeie skole van Worcester het deelgeneem.
Baie geluk aan TJ van der Walt wat ‘n brons medalje in die item Seuns 0/13 Verspring behaal het!
Landloop -GW Kampioenskappe in Daniëlskuil 2016
/in Argief - Atletiek, Sport - Atletiek /by Doret VictorVerkies tot landloop Griekwa span wat aan SA’s gaan deelneem:
TJ van der Walt, Rigert Klok, Carmen Louw, Gerard Wiid, Jana Coetzee
Beginnerspan:
Shimmone Schlebusch, Mia Coetzee
Landloop: 28 Julie 2016 te Hopetown
/in Argief - Atletiek, Sport - Atletiek /by Doret VictorDOGTERS:
0/8 – 1ste Shimone Schlebusch 04:57
2de Mia Coetzee 05:11
0/10- 1ste Carmen Louw 09:39
0/11- 1ste Jana Coetzee 14:18
2de Jana de Villiers 14:33
SEUNS:
0/8- 1ste Ruven Strauss 05:10
0/9- 1ste Henre Wiid 09:45
2de Jacques Wiid 09:56
0/10- 1ste Rigert Klok 08:47
0/12- 1ste TJ van der Walt 11:49
2de Gerard Wiid 13:28
3de Jack Wiid 14:21
0/13- 1ste JJ Fourie 14:19
2de Carlo Louw 14:19
0/15- 1ste Jaco Visagie 17:44