Boelie drama

250816 002

Op 22 Augustus 2016 kom besoek die Beukes egpaar van die Wildekus vir HSH om lig te werp op die onderwerp van boelies.

Nadat Chanene ‘n skitterende eenmanvertoning gelewer het waarin Brandon moes ly onder boelie gedrag nadat hy sy rugby tokse verruil het vir ‘n kitaar, het sy ‘n interaktiewe sessie gelei waaraan die kinders entosiasties deelgeneem het.  Aan die einde van die sessie het sy waardevolle raad gegee in die hantering van boelie gedrag waarvan die vernaamste seker is om iemand te vertel daarvan.

Ons is almal op hierdie aarde geplaas met ‘n spesifieke doel- elke individu deel van ‘n reuse legkaart- daarom is geen twee van ons presies dieselfde nie!  As een van die legkaart stukkies ontbreek of selfs net effens anders is as wat dit bedoel is om te wees, sal die legkaart nooit perfek voltooi kan wees nie.

Kom ons gun mekaar die geleentheid om ons uniekheid uit te leef en ons lewensdoel te bereik.  Kom ons hou op om jaloers te wees en fokus op die positiewe dinge!

Baie dankie aan Me Juan-Marie du Toit van Kohin vir die moeite wat sy gedoen het om die produksie op ons eie verhoog se planke te kry!