Clover Atletiek byeenkoms 14 Oktober 2017

Op 14 Oktober 2017 het Marizaan Ferreira, TJ van der Walt en Jordan Kok aan die Clover atletiekbyeenkoms in Bloemfontein gaan deelneem.

Baie geluk aan TJ met sy 5de plek(uit 28 atlete) in die 200m en sy 16de plek (uit 48 atlete) in die 100m.

Baie geluk aan Marizaan wat met ‘n brons medalje in die 400m daar weggestap het!

Ons spog graag met ons 2017 SA atlete wat so vroeg in die atletiekseisoen al klaar so mooi vorm begin bereik!