Dino’s Alive

Die Gr. 10 en 11 leerders het op Donderdag 29 Junie 2017 “Dino’s Alive” in Bloemfontein gaan kyk.  Die leerders het ’n realistiese beeld gevorm van hoe die reuse geleef en gelyk het.  “Dino’s Alive” het die leerders geleer van die tydperk waarin dinosourusse geleef het en hoe hul fossiele deur deskundiges gebruik word om hul lewensverhaal te vertel.  Die leerders kon werklike fossiele sien en hanteer en self op die “dinosourus” ry.  Dit was werklik ’n belewenis wat die leerders se algemene kennis van biologie verbreed en hul nuuskierigheid geprikkel het.

Baie dankie aan Juf. Jeanine Badenhorst en Stephan Badenhorst wat ons op die uitstappie geneem het.

HSH besoek Dino’s Alive 2017