Frances Baard Skole Skaak Toernooi: 17-18 Augustus 2018

Op die naweek van 17-18 Augustus 2018, het 3 HSH leerders aan die Frances Baard Skole Skaak Toernooi te Kimberley gaan deelneem.  Hulle uitslae was as volg:

Ané Botha (0/7):

Sy wen 4½ van 6 en ontvang ‘n silwer medalje.

Janru Botha (0/9):

Die 0/9 en 0/11 seuns het gemeng gespeel.  Janru wen die 0/9 afdeling en eindig 3de in die gemengde groep.  Hy wen 4 van 6 en ontvang ‘n goue medalje.

Amethyst Jacobs (0/17):

Hy wen 4 van 6 en ontvang ‘n brons medalje.