Graad 1-3 Konsert te Silwerhof en Tjokkershoop

Op Vrydag, 22 September 2017, het HSH se Graad 1-3 leerders gaan besoek aflê by Silwerhof Tehuis vir Bejaardes en Tjokkershoop kleuterskool.  Die Koshuisleerders het ‘n konsert, getiteld “Daniel in die leeukuil”, opgevoer terwyl die res van die groep oulike liedjies gesing het.

Die leerders het die uitstappie terdeë geniet en die Bejaardes en Kleuters se Vrydag is behoorlik opgevrolik.