Graad 1’s van 2017 bou ‘n dorp

Op Vrydag, 18 Augustus, is die skool se vierkant omskep in ‘n miniatuur dorpie toe die ywerige Graad 1’s trots hul handewerk daar uitgestal het!  Die opdrag was dat hul geboue in ons dorpie van herwinbare materiaal, soos bokse, moes bou en hul het behoorlik gees gevang te oordeel aan die onderstaande foto’s.