Graad 4 2017 Geskiedkundige uitstappie

Die Graad 4’s het op Donderdag, 23 Februarie 2017, die strate van Hopetown saam met Juffrou A Loubser ingevaar.  Hulle het vir SW die geskiedkundige plekke in Hopetown besigtig met hul laaste stop by Die Stalle.  Hier het Jaco Schuts vir hulle sy pragtige klipversameling gewys en selfs vir hulle ‘n agaat deurgesaag!  Hulle het dit almal vreeslik geniet en op hierdie prettige en praktiese manier meer te wete gekom van ons dorpie se ryke geskiedenis.