Griekwaland-Wes Netbal en Rugby finale

Baie geluk aan die 0/16 Netbalspan wie op Woensdag, 8 Augustus 2018, in die Griekwaland-Wes Kleinskole finaal in Kimberley gaan speel.  Hulle wedstryd teen Hoërskool Danielskuil vind om 12:00 by Hoërskool Noord-Kaap se bane plaas.

Baie geluk ook aan die 0/19-, 0/17- en 0/15- rugbyspanne wie deurgedring het na die Griekwaland-Wes Hoërskole Rugbyvereniging se finale wedstryde op Woensdag, 8 Augustus 2018.  Wedstryde sal as volg op Tafel Lagerpark in Kimberley plaasvind:

  • 0/15 vs Prieska om 12:00 op die B-veld
  • 0/17 vs Postmasburg om 12:00 op die A-veld
  • 0/19 vs Prieska om 15:00 op die A-veld

Baie sterkte aan elke deelnemer!  Ons staan bankvas agter julle!