HS Krieket vs HS Prieska: 20 September 2018

Op 20 September 2018 het die Hoërskool seuns krieket teen Hoërskool Prieska gespeel.  HSH kolf eerste en teken 182 lopies in 25 beurte aan danksy ‘n uitstekende eerste paaltjie vennootskap van 143 lopies tussen Tertius de Wet (66) en Johan Jansen (50).  Prieska word hierna almal uitgehaal vir 122 lopies en HSH wen dus met 60 lopies.