HSH gee om!

Hospice skenking 2017

Die Matriekraad het op 17 Mei 2017 ‘n sivvie-dag gehou, waar leerders ietsie “betaal” vir die voorreg om gewone klere aan te trek skool toe.  Die valuta vir hierdie sivvie-dag was items wat aan ons plaaslike Hospice tak geskenk kon word.  Elke leerder wat wou, kon iets bring om die koue winter vir minder bevoorregtes bietjie makliker te maak.  Dit is verstommend hoe die leerders hul omgee-harte teenoor die gemeenskap geopenbaar het.

Die Matriekraad het onder leiding van Mev. Zwiegers die items op 31 Mei aan Mev. Margo van Rensburg en personeel van Hospice gaan oorhandig.  Elke bietjie word opreg waardeer en maak ‘n groot verskil in iemand anders se lewe!