HSH musiekkonsert 2016

img-20161025-wa0012 img-20161025-wa0018
20 Oktober 2016 se musiekkonsert was n groot sukses. Nie net het ongeveer 40 kinders opgetree nie, maar die ouers en grootouers sowel as vriende, het almal ons musiek kinders se uitvoerings baie geniet. Klanke uit die klavier, blokfluite, kitare, mondfluitjies, ‘n trekklavier en ‘n viool tesame met die Gr 8 dogters wat gesing het, het die gehoor vir langer as ‘n uur vasgevang gehad. Die jongste musikant was n Gr R leerder, en selfs n matrikulant het die boeke vir ‘n rukkie opsygesit om te kon deelneem. Ons leerders het dit verskriklik geniet, en volgende jaar bou ons HSH se musiekkonsert verder uit. Ons eer ons Hemelse Vader vir talente uit Sy hand.