Interskole swemgala te Jacobsdal 2017

HSH Swemspan 2017

HSH Swemspan 2017

Die Laerskool kinders wat gekwalifiseer het tydens die kleure gala te HSH, het op Maandag, 30 Januarie 2017, aan die Interskole gala te Jacobsdal gaan deelneem.  Die spangees was puik en ten spyte van die 8 padstoppe het die kinders die rit kort laat voel met hul vrolike sang heelpad.

HSH het hul dan ook uitstekend van hul taak gekwyt en met die volgende medaljes huis toe gekom:

Goud

Lara Olivier (Dogters o/7 25m Vryslag)

Jani Prins (Dogters o/8 25m Vryslag)

Silwer

Driean Wiid (Seuns o/11 50m Rugslag)

JJ Fourie (Seuns o/12 50m Rugslag)

Keevy-Ann Fourie (Dogters o/10 50m Borsslag)

Carmen Louw (Dogters o/11 50m Borsslag)

Deon du Preez (Seuns 0/11 50m Borsslag)

Pierre Bosch (Seuns o/7 25m Vryslag)

Dani Fourie (Dogters o/8 25m Vryslag)

Brons

Nic Fourie (Seuns o/10 50m Rugslag)

Jack Wiid (Seuns o/13 50m Rugslag)

Francois Prins (Seuns o/10 50m Borsslag)

Thomas Fourie (Seuns o/8 25m Vryslag)

Keevy-Ann Fourie (Dogters o/10 50m Vryslag)

Nic Fourie (Seuns o/10 50m Vryslag)

JJ Fourie (Seuns o/12 50m Vryslag)

JJ Fourie (Silwer) Seuns o/12 50m Rugslag

JJ Fourie (Silwer) Seuns o/12 50m Rugslag

Baie geluk aan JJ Fourie (S o/12) met jou nuwe rekord van 43.28 s vir die 50m Rugslag!  Met hierdie tyd het hy die ou Interskole rekord van 44.43 s behoorlik verpletter!

Ook het HSH se dogters aflosspan tweede geeïndig terwyl die seuns derde gekom het!  Baie geluk aan elkeen wie se harde werk beloon is!