Jacobsdal Swemgala: 5 Februarie 2018

Op Maandag, 5 Februarie 2018, het ‘n paar van HSH se swemmers aan die gala te Jacobsdal gaan deelneem.  Ongelukkig was die kleure-atletiek byeenkoms op dieselfde geskeduleer a.g.v. ‘n hewige reënbui die vorige week wat tot gevolg gehad het dat die swemspan wat gaan deelneem het heelwat kleiner was as in die verlede.  Die swemmers wat gaan deelneem het, het hulle egter puik van hulle taak gekwyt en die resultate was as volg:

Pierre Bosch (0/8 Seuns): 

Rugslag- Eerste

Vryslag – Tweede

Borsslag – Vierde

Lara Olivier (0/8 Dogters):

Rugslag – Eerste

Vryslag – Eerste

Borsslag – Tweede

Deon du Preez(0/11 Seuns):

Rugslag – Vierde

Borsslag – Tweede