Karoo Eisteddfod: 16 Augustus 2018

Op 16 Augustus 2016, het 14 meisies aan die Eisteddfod te De Aar gaan deelneem.  Dit was vir ‘n ieder en ‘n elk van hierdie meisies ‘n ongelooflike geleentheid wat hulle met beide hande aangegryp het.  Hulle het dan ook behoorlik die beoordeelaars se asems weggeslaan met hul items.  Inderdaad is 2 van ons leerders, Suzanne Botha en Charlize Venter, genooi om aan die Eisteddfod konsert wat op 29 Augustus 2018 gehou is te gaan deelneem. ‘n Groot woord van dank aan Me. Elize Esterhuizen van 2 The Point Dans studio vir haar toegewyde afrigting en pragtige kostuums wat sy aan die meisies verskaf het.  Die resultate van al haar tyd en moeite spreek vanself!  Die leerders se uitslae was dan as volg:

Poppe (Dubbel goud 86%):  Laraine Botha, Loudine Fourie, Jani Prins en Alri Wiese.

Heidi (Goud 80%):  Jaime Gorrah, Jessica Schutte en Sharney Titus.

Sonbrilletjies (Dubbel goud 87%):  Jaime Gorrah en Luret Klok.

Lappop (Dubbel goud 87%): Suzanne Botha.

Voshaarnooi (Dubbel goud 89%):  Charlize Venter.

Single ladies (Goud 82%):  Nina de Wet, Dané Erasmus, Cailin Gorrah en Lizé-Mari Schutte.

Baie geluk meisies!  Ons is baie trots op julle!