KLIP-fondamente word gelê vir 2017!

Die nuutverkose matriekraad vir 2017, het hulle amp sommer met ‘n ‘bang’ afgeskop. Die 4 leerders is Urbanus Botha (Hoofseun), Liza de Wet (Hoofdogter), Johané Ferreira en Ian Jansen. Die matriekraad het die naweek van die 14de Oktober hulle leierskamp gehad. Hulle het net buite Barkley-Wes hulself tuisgemaak en daar was die kamp aangebied deur Mnr. André Young van Etabise Training.

img-20161015-wa0010

Die leerders het mekaar beter leer ken deur die spanbou-aktiwiteite wat hulle gedoen het. Hulle het die aktiwiteite vreeslik geniet en voluit gegaan in elke aktiwiteit. Hulle het ook beplanning gedoen vir 2017 en streef daarna om die skool ‘n lekker plek te maak vir hulle mede-skoliere en om die skool na hoër hoogtes te neem. Hulle het gewys dat hulle ook bobaas-kokke is en dat hulle wel sal kan wegkom, as ‘n natuurramp dreig.

Matriekraad 2017

Matriekraad 2017

Kommunikasie-vaardighede is verbeter en vertroue is gebou. Die leerders is reg om hulle amp met mening aan te pak. Die leerders is ook dankbaar vir die geleetheid wat die skool en die SBL vir hulle gegee het om op hierdie wonderlike kamp te kon gaan.

 

 

 

 

 

Hulle sien vreeslik uit daarna om in 2017 die leiding te neem en die skool ‘n lekker plek te maak.

Matriekraad 2017 KLIP-fondamente

Matriekraad 2017 KLIP-fondamente