Leesweek 2017: Graad 1-3

Lara Olivier en Pierre Bosch – Graad 1 2017 Leesweek

Twee baie opgewonde en dapper Graad eentjies (Pierre Bosch en Lara Olivier) het op Maandag, 31 Julie, tydens die saalopening die leesweek bekendgestel en almal genooi om idiome, raaisels en rymwoorde by die Graad 1-3 klasse te kom leer.  Die leesweek het geduur vanaf 31 Julie tot 4 Augustus.

Die grondslagfase-leerders het meer geleer van idiome, raaisels en vergelykings.  Elkeen se woordeskat het verbeter omdat hulle hul eie leesboeke ook gelees het.  Deur die loop van die week is daar raaisels, idiome en vergelykings by die klasse opgesit, sodat die res van die skool saam kon leer.

Aan die einde van die week het elke klasgroep ‘n raaisel en idiome vir die res van die skool gevra.  Die wenners hiervan het ‘n beloning ontvang.

Wenners: Leesweek 2017

VLNR Voor:  Joa van der Merwe (Wenner), Jani Prins, Arthur Victor, Dani Fourie (Verjaarsdagnooi) en Dian Scholtz.

VLNR Agter:  Dirk Gunter (Wenner), Jessica Schutte, Alri Wiese, Gerrit Klok, Johané Ferreira (Wenner), James-Henry Fourie (Wenner), Jana de Villiers (Wenner)