Leierskamp 2017

Gedurende die eerste naweek van die nuwe skooljaar het die Laerskool leiers sowel as die Laer- en Hoërskool koshuisleiers onder leiding van Mnr. en Mev. Bosch, Mev. Badenhorst en Mev. Prins ‘n leierskamp by die koshuis bygewoon.

IMG-20170114-WA0002 IMG-20170114-WA0001

IMG-20170114-WA0007 IMG-20170114-WA0003

Die leiers het deelgeneem aan verskeie spanbou aktiwiteite, soos pizza bou, in die meel rondsoek na die spreekwoordelike naald in die hooimied en ‘n “Amazing Race” deur Hopetown se strate!  Lg. is gewen deur Luan Murray, Marisa de Wet, Jack Wiid en Anri Jansen.  Almal het hulle gate uit geniet en so ongemerk, tussen al die pret deur, het daar ‘n hegte band en samehorigheidsgevoel tussen 2017 se leiers ontstaan.

 

 

Ons sien met afwagting uit daarna om te ervaar hoe hierdie groep jong leiers die jaar met al sy unieke uitdagings gaan aanpak en die res van HSH gaan saamneem op hul reis na sukses!

IMG-20170114-WA0009 IMG-20170114-WA0006 IMG-20170114-WA0005 IMG-20170114-WA0000