Leierskamp Matriekraad 2018

Daar is eenbeen gespring, klippe rondgedra, vyfbeen resies gehardloop en konsert gehou.  Die rede daarvoor was om ‘n gevoel van samehorigheid en spangees te bou in die nuwe leierskorps van ons skool vir 2018.

Na die aankondiging van die Matriekraad van 2018 by die jaarlikse Prysuitdeling het die span sommer al die volgende dag vertrek vir ‘n leierskamp by Geluk Safaris, Heuningneskloof.  Vanaf Vrydag die 13de tot Saterdag, 14 Oktober het hulle baie geleer en groot pret gehad.  Baie dankie aan Mev. Zwiegers, Mnr. Bosch en Mnr. Young vir ‘n baie suksesvolle naweek.  Die leiers is goed toegerus en gereed vir die uitdagings wat voorlê.