Nuus
Kalender
MMonday | TTuesday | WWednesday | TThursday | FFriday | SSaturday | SSunday |
---|---|---|---|---|---|---|
1March 1, 2021 | 2March 2, 2021 | 3March 3, 2021 | 4March 4, 2021 | 5March 5, 2021 | 6March 6, 2021 | 7March 7, 2021 |
8March 8, 2021 | 9March 9, 2021 | 10March 10, 2021 | 11March 11, 2021 | 12March 12, 2021 | 13March 13, 2021 | 14March 14, 2021 |
15March 15, 2021 | 16March 16, 2021 | 17March 17, 2021 | 18March 18, 2021 | 19March 19, 2021 | 20March 20, 2021 | 21March 21, 2021 |
22March 22, 2021 | 23March 23, 2021 | 24March 24, 2021 | 25March 25, 2021 | 26March 26, 2021 | 27March 27, 2021 | 28March 28, 2021 |
29March 29, 2021 | 30March 30, 2021 | 31March 31, 2021 | 1April 1, 2021 | 2April 2, 2021 | 3April 3, 2021 | 4April 4, 2021 |
Graad 12 uitslae: 2018
/in Akademie - Matriek Uitslae, Argief - Matriek UItslae, Tuisblad - Nuus /by Doret VictorHSH se Matriek leerders het aan die einde van 2018 saam met duisende ander leerders van regoor die land die Finale Senior Sertifikaat eksamen vir Graad 12’s afgelê. Hulle het al die lewenservaring en kennis wat hulle sedert die dag wat hulle as onseker Graad 1’tjies in die skool ingestap het, toegepas en hul uitstekend van hul taak gekwyt. Hoërskool Hopetown het, te danke aan hierdie groep se harde werk, weereens daarin geslaag om eerste in die Pixley Ka Seme streek en tweede (naas Kimberley Girls High) in die Noord-Kaap Provinsie te eindig. Vir die 27ste agtereenvolgende jaar het ons matrieks ook weer ‘n 100% slaagsyfer gehandhaaf en was hulle dan ook een van slegs vier skole in die Provinsie wat daarin geslaag het om ‘n 100% slaagsyfer te behaal.
Met ‘n klasgemiddeld van 65.5% het 82.4% van die klas geslaag met Universiteitstoelating. Die klasgemiddeld is behaal deur oa 20 vak A simbole, 34 vak B simbole en 28 vak C simbole. ‘n Duidelike bewys dat leerders by HSH onderrig van hoogstaande gehalte van ‘n puik onderwyserskorps ontvang.
Die HSH-span wens elke Matriek 2018 geluk met hul uitstekende uitslae en sien met groot verwagting uit om te sien wat elk van julle in die toekoms gaan bereik. Gryp die dag soos julle tot op hede gemaak het en moet nie toelaat dat enigiets in jul pad staan om jul drome te verwesenlik nie!
HSH Matrieks 2017 behaal eerste plek in Noord-Kaap Provinsie!
/in Akademie - Matriek Uitslae, Argief - Matriek UItslae, Tuisblad - Nuus /by Doret VictorHSH se Matriekklas van 2017 het stof in die oë van die res van die Noord-Kaap geskop toe hulle daarin geslaag het om nie net die eerste plek in die Streek te behaal nie, maar sommer ook die eerste plek in die Provinsie! Verder is HSH een van slegs 9 skole in die Noord-Kaap Provinsie met ‘n 100% slaagsyfer. Hierdie prestasie word nou al vir die afgelope 26 jaar gehandhaaf!
2017 se Hoofdogter, Liza de Wet, behaal ‘n gemiddelde A simbool en studeer tans Aptekerswese aan die NWU se Potch kampus. Daar is ook 2 gemiddelde B’s en 7 gemiddelde C’s. Hierdie uitstekende resultate het ook beteken dat ons Matrieks 90% Baccalaureus toelating het!
Ons is geweldig trots op julle en sien saam met julle uit na die blink toekoms wat vir julle lê en wink!
HSH Matrieks 2016 presteer!
/in Akademie - Matriek Uitslae, Argief - Matriek UItslae /by Doret VictorHSH se Matriekklas van 2016 het dit weer gedoen! Vir die afgelope 25 jaar het HSH se matrieks daarin geslaag om ‘n 100% slaagsyfer in die matriek eindeksamen te verwerf! 2016 se Matrieks was geen uitsondering en na harde werk en lang ure agter die boeke het hulle daarin geslaag om die momentum te behou en hierdie rekord selfs nog beter te maak! Ons is voorwaar baie trots op julle!
Die klas gemiddeld was 62% met BAC 67% en DIP 33%.
Baie geluk aan Mariet Cilliers met haar gemiddelde A, wat A’s in 7 vakke ingesluit het! Mariet het darem nie net geleer nie. Sy het ook in 2016 eerste plekke behaal in die 400m en 800m by die Noord-Kaap atletiekbyeenkoms. Sy studeer tans Optometrie aan die UFS.
Ook was daar 4 gemiddelde B’s, 8 gemiddelde C’s, 7 gemiddelde D’s en 4 gemiddelde E’s.
Ons skool het ‘n tweede plek in die distrik by die Noord Kaap se Departement van Onderwys se prysuitdeling behaal. Mariet was een van 26 matriekleerders in die Noord Kaap wat 6 vak A’s (uitgesluit Lewensoriëntering) behaal het. Vir dié prestasie het sy ‘n skootrekenaar en ‘n stewige tjek ontvang.
Ons goeie wense vergesel julle op die pad na ‘n blink toekoms wat vir julle elkeen lê en wag!