Na afloop van die uitstapdag word die Matriekraadkamp gehou. Die nuut verkose leiers word gedurende hierdie naweek voorberei vir leier wees in hul matriekjaar en in die grootmenslewe.
‘n Kundige buite persoon bied dit aan op ‘n plek wat deur die skakelpersoneel gereël word.
Beplanning vir hul projekte word ook gedoen. Almal leer mekaar beter ken en gaan geïnspireerd terug skool toe, gereed vir vir die verantwoordelikhede wat op hulle wag.
Die hoofleiers woon ook jaarliks die ATKV-leiersimposium by waar hulle ander leiers van skole regoor Suid-Afrika ontmoet en verdere opleiding ontvang.



