Mini-krieket vs Jacobsdal: 25 Augustus 2018

Op 25 Augustus 2018 het ons 0/7 en 0/8 mini-krieket spanne teen Jacobsdal gespeel.  Die uitslae was as volg:

0/7:

Die 0/7’s wen al 4 wedstryde waarin hulle speel.

0/8:

Ons het 2 spanne wat in die 0/8 afdeling meeding.  Een van die spanne wen al 4 hulle wedstryde.  Die ander span verloor 3 van hul wedstryde maar eindig gelykop in die ander wedstryd.

Baie dankie aan Mnr. Bosch wie ons kinders veilig besorg het en ook aan Juf. Botha wie vinnig ingespring het as skeidsregter toe haar dienste benodig is.  Die leerders het dit almal terdeë geniet.