Netbal: Noord-Kaap wennersdag uitslae 2018

Baie geluk aan die 0/16 netbalspan met hul deelname aan die Noord-Kaap wennersdag wat op 21 Junie 2018 te Upington plaasgevind het.

Hul uitslae was as volg:

HSH wen Carlton van Heerden 19-6

HSH wen Concordia 11-8

HSH wen Wildeklawer 21-2

HSH wen Augrabies 17-5

HSH speel in die finaal teen Orion en wen met ‘n telling van 15-12.

Baie geluk met pragtige netbal meisies!  Sterkte ook met jul voorbereiding vir die “National Playoffs”!