New Zeeland rugby- en netbal toer 2016

jeanne-murray-20161009_201319 img-20161018-wa0002 img-20161018-wa0004 img-20161018-wa0009 img-20161018-wa0024 img-20161018-wa0026 img-20161018-wa0027 img-20161018-wa0032 img-20161018-wa0037 img-20161018-wa0045 img-20161018-wa0046 img-20161021-wa0002 img-20161021-wa0003 img-20161021-wa0005 img-20161021-wa0018 img-20161021-wa0019

Tydens die Oktober vakansie het 14 van ons skool se leerders New Zeeland toe getoer in samewerking met SOST toere. Die leerders het op Dinsdag, 27 September 2016 vertrek en was op Sondag, 9 Oktober 2016, weer terug in die warm Karoo.
Die volgende leerlinge het in die onderskeie ouderdomsgroepe deelgeneem:
0/14 Netbal – Isane Botha en Marizaan Ferreira
0/19 Netbal – Mariska Blom, Enandé Fourie en Inge Fourie
0/15 Rugby – Willikus Badenhorst, Johan Jansen, Phillip Janse van Vuuren en Winston Tuck
0/17 Rugby – Adriaan Badenhorst, Urbanus Botha, Ian Jansen, Luan Murray en Francois Wiid
Die spelers het hulle horisonne verbreed en kosbare ondervinding opgedoen van hoe rugby en netbal in New Zeeland benader word. Die rugbyspanne het drie wedstryde per span per ouderdomsgroep gespeel en die dogters het nege wedstryde gespeel. Dit het baie goed gegaan met al hierdie spanne en dit was ‘n groot belewenis vir elkeen van die kinders.
In hulle vrye tyd het die kinders plaaslike besienswaardighede besigtig, nuwe kosse geëet en die New Zeelandse kultuur beleef. Dit is verseker ‘n goeie geleentheid wat min van ons beskore is!
Baie geluk aan Isane Botha wie ‘n trofee ontvang het vir die beste 0/14 netbalspeelster by die toernooi!
Baie dankie aan elke ouer en afrigter wat die geleetheid moontlik gemaak het.