NK Tennis Vierhoekige Provinsiale tennistoernooi: 17-18 Augustus 2018

Die Noord-Kaap tennisspan het die naweek van 17-18 Augustus 2018 aan die Vierhoekige Provinsiale Tennistoernooi in Welkom gaan deelneem.  Die betrokke provinsies was die Noord-Kaap, Noord-Vrystaat, Noord-Wes en Oos-Vrystaat.

Spelers moes enkels, dubbels en gemengde dubbels teen elke provinsie speel.  Die uitslae was as volg:

0/12: (Hulle wen al die provinsies)

Marlia Badenhorst wen 8 van haar 9 wedstryde.

Keevy-Ann Fourie wen 6 van haar 9 wedstryde.

0/10:  (Verloor slegs 13-11 teen Noord-Vrystaat en wen die res)

Thomas Fourie wen 3 van sy 9 wedstryde.

Dani Fourie wen 7 van haar 9 wedstryde.

Baie geluk aan elk van die 4 spelers wie onder yskoue toestande pragtige tennis gespeel het!