Noord-Kaap geslote Skaak Kampioenskappe: 31 Aug-1 Sept 2018

Vanaf 31 Augustus tot 1 September 2018, is 4 van HSH se leerders uitgenooi om aan die Noord-Kaap geslote Skaak Kampioenskappe wat by Kimberley Junior skool gehou is te gaan deelneem.  Daar was ‘n totaal van 135 genooide spelers van regoor die Noord-Kaap wat deelgeneem het.  Die kompetisie was baie sterk en goeie skaak is gespeel.

Amethyst Jacobs (0/18) wen 1½ van sy 5 wedstryde.

Cailin Gorrah (0/16 Dogters) wen 2 van haar 5 wedstryde.

Janru Botha (0/10 Ope -Seuns en Dogters) wen 4 van sy 5 wedstryde en eindig tweede in die afdeling al is hy tans in Graad 2.

Ané Botha (0/8 Ope -Seuns en Dogters) wen 4 van haar 5 wedstryde en eindig eerste in haar ouderdomsgroep.

Baie geluk aan elkeen van hierdie leerders wat net hul beste gelewer het!