Noord-Kaap Tennis toernooi: 30/07/2018-01/08-2018

Vanaf 30 Julie tot 1 Augustus 2018 het verskeie HSH leerders as deel van die Noord-Kaap tennis span in George gaan deelneem aan die toernooi waarin die Noord-Kaap, OP en EDEN teen mekaar meegeding het.  Daar is enkels, dubbels en gemengde dubbels gespeel in hierdie heerlike toernooi.  Ons leerders se resultate was as volg:

0/10:

Dani Fourie wen 4 van 6.

Kaylie du Raan wen 6 van 6.

Thomas Fourie verloor 6.

Henk van der Post wen 5 van 6.

Die o/10 Noord-Kaap span eindig eerste met OP tweede en EDEN in die derde plek.  Baie geluk aan hierdie seuns en dogters met ‘n puik prestasie!

0/12:

Louis-Ann du Raan wen 2 van 5.

Die 0/12 Noord-Kaap span eindig tweede naas OP in die eerste plek en EDEN derde.

0/14:

Anri Jansen verloor 6.

James-Henry Fourie wen 1 van 5.

Die 0/14 Noord-Kaap span eindig derde met OP eerste en EDEN in die tweede plek.

0/16:

JJ Fourie wen 2 van 5.

Die 0/16 Noord-Kaap span eindig tweede met OP in die eerste plek en EDEN derde.

Baie geluk aan elke deelnemer met die moed, durf en karakter wat julle op die tennisbaan ten toon gestel het!  Ons is trots op julle.