0/19 Kriekettoer na Bloemfontein 19 & 20 Januarie 2018

Tydens die naweek van 19 en 20 Januarie 2018, het die 0/19 krieketspan na Bloemfontein getoer om daar teen twee plaaslike skole deel te neem.

Op Vrydag, 19 Januarie, het ons teen Sentraal gespeel.  HSH word uitgeboul vir slegs 69 lopies na 22.3 boulbeurte.  Sentraal volg op en teken 73 lopies met slegs 2 paaltjies plat in 10.2 boulbeurte aan.  Hulle wen dus met 8 paaltjies.

Op Saterdag, 20 Januarie, het ons teen President Steyn gespeel.  Die manne was reg om die vorige dag se nederlaag agter hulle te sit en het met ‘n positiewe ingesteldheid op die veld gegaan om eerste te kolf.  HSH teken dan ook 247 lopies aan met slegs 4 paaltjies plat in 30 boulbeurte.

Tertius de Wet – 15 lopies

Alwizo Jood – 20 lopies

Luan Murray – 51 lopies

Wilikus Badenhorst – 112 nun

President Steyn kan slegs daarin slaag om 32 lopies te slaan voordat ons almal uitboul met skitterende boulwerk.

Baie geluk aan Theo Storey wie met sy vinnige linkerarm 5 paaltjies in slegs 3 boulbeurte geneem het!  Hierdie stuk meesterboulwerk het ook ‘n driekuns ingesluit!

Baie dankie aan die onderwysers en ouers wat ons sportsterre vergesel en ondersteun het.