KLUB 33
TROTSE ONDERSTEUNERSKLUB VAN HOëRSKOOL HOPETOWN
HSH se twee verteenwoordigers wat met die komitee skakel is Riaan Loubser en Eddie Lightfoot.
Saam word daar besluit watter projekte Klub 33deur die jaar gaan aanbied om fondse te genereer ter ondersteuning van Hoëskool Hopetown.
- Klub 33 is in 1994 gestig deur 33 ouers en onderwysers wat HSH op sportgebied wou ondersteun.
- Sedert 2001 kon dames ook lede word.
- Ledegeld beloop R200-00 per jaar vir manlike lede en R100-00 vir dameslede.
- Ledegeld, asook alle fondse wat genereer word uit funksies en ander aktiwiteite, word uitsluitlik aangewend ter aansporing en tot voordeel van leerdes wat op sportgebied presteer, asook as hulp aan HSH om hulle sportbedrywighede te bevorder, hetsy atletiektoerusting, die borg van klerasie vir rugby- / netbalspanne, of waar daar ookal op sportgebied ‘n behoefte bestaan.
- Klub33 lede se selfoon nommers word ook op die skool se SMS-stelsel geregistreer en alle lede word sodoende op hoogte gehou van Klub33- en skool aktiwiteite.
- Alle ouers, oud-leerlinge en vriende van Hoërskool Hopetown word uitgenooi om aan te sluit by Klub33.
Kontak gerus vir Myburg Vermeulen (0837922676) of Lourina Fourie (0837393425)
Saam maak ons ‘n verskil.