OPVOERINGS 2013 & 2014

In 2013 is ‘n baie suksesvolle talentaand aangebied, waartydens nie minder as 180 leerders hul talente met die toeskouers gedeel het nie!

Bogenoemde opvoerings was ook dikwels met ‘n paar personeelkonserte afgewissel.  hierdie optredes was baie populêr en die gemeenskap en leerders het dit besonder baie geniet.

Deel van die beplanning vir 2014 is ‘n HOËRSKOOL TONEELSTUK, asook ‘n PERSONEELKONSERT.  Dit beloof om goeie vermaak vir oud en jonk te wees.  Ons is ook in die proses om moontlike deelname aan die ATKV –Tienertoneel (‘n nasionale kompetisie vir Hoërskoolleerders) te ondersoek.

By HSH is die kunste lewendig en kreatief aan die gang!

Hierdie is nog een van die worderlike tradisie wat met passie deur leerders uitgeleef word.