Perdry uitslae: 3-4 Oktober 2018

Gedurende die naweek van 3-4 Oktober 2018, het Joanie Blumenthal, Marlise Gerrits en Chrisna Gerrits aan die Noord-Kaap perdry kampioenskappe gaan deelneem.  Hulle het die volgende pragtige uitslae behaal:

Joanie Blumenthal het die “Showing” Kampioenskappe met altwee haar perde gewen en is aangewys as die Dresseer Supreme Kampioen.  Sy het ook as die algehele Reserwe Kampioen geëindig en is gekies om die Noord-Kaap Provinsie by die SA Jeug Kampioenskappe te verteenwoordig.

Chrisna Gerrits is gekies as Reserwe Kampioen in die Junior EM Dresseer asook Junior “Working Riding” kampioen en “Open Showing” kampioen.

Marlise Gerrits is aangewys as “Champion Pony Rider” in EM Dresseer,  Reserwe Kampioen in Ponie Ruiter Dresseer span toets, Ponie Ruiter “working riding” Kampioen en Reserwe Ponie Ruiter “Showing” Kampioen.

Baie geluk aan die leerders wie ons skool so mooi verteenwoordig het!