Pret in die son!

Leerders by HSH het die reuse voorreg om ons swembad op die skoolterrein gereeld  onder toesig te mag gebruik.  Die lafenis wat die koel water bied is veral baie welkom gedurende die snikhete dae wat ons gereeld tydens die somermaande beleef.

Die swembad word egter nie net vir ontspanning gebruik nie.  Onervare swemmers word touwys gemaak sodat hulle veilig in die water sal wees.  Hier word ook hard geoefen ter voorbereiding van die swemseisoen.

img-20161117-wa0024 img-20161117-wa0023 img-20161117-wa0022 img-20161117-wa0021 img-20161117-wa0020 img-20161117-wa0019 img-20161117-wa0018