Rugby en Netbal uitslae van Klein- en Mediumskole Finale: 8 Augustus 2018

Op Woensdag, 8 Augustus 2018, het 4 van HSH se Sportspanne ons in die Klein- en Mediumskole Finale verteenwoordig.  Die uitslae was as volg:

Rugby:

HSH 0/15 wen 17-10 vs Prieska 0/15.

HSH 0/17 verloor 18-22 teen Postmasburg 0/17 in ‘n wedstryd waar hulle baie durf gewys het.

HSH 0/19 verloor 24-41 teen Prieska 0/19 in ‘n baie harde wedstryd.

Netbal:

Die 0/16 netbalspan speel by Hoërskool Noord-Kaap in die finale.  Die uitslae was as volg:

HSH 0/16 wen 22-3 vs Daniëlskuil 0/16 en wen hiermee die Kleinskole Liga!

HSH 0/16 verloor 12-27 vs Hartswater 0/16.  Met hierdie wen oor ons slaag Hartswater daarin om die Mediumskole Liga te wen.  Baie geluk Hartswater 0/16’s!

Baie geluk aan elke speler en speelster wie hul harte uitgespeel het.  Julle het die hele seisoen hard gewerk en verseker die vrugte daarvan gepluk!