SA Mathematics challenge: 2018

Vier van Hoërskool Hopetown se Laerskool leerders het medaljes gewen nadat hulle aan die SAMF Wiskunde uitdaging, soos georganiseer deur die “SA Mathematics Foundation” in samewerking met AMESA, deelgeneem het.  Hulle was:

Anrilé Victor (Gr 4) – Goud.

Willem Strauss (Gr 5) – Silwer.

Riané Strauss (Gr 6) – Silwer.

Richard Smith (Gr 6) – Brons.

Baie geluk, HSH is trots op julle!