Skaak: De Aar 2018/07/21

6 HSH leerders het op 21 Julie 2018 in De Aar gaan skaak speel.

Ouderdomsgroepe van 0/8 tot 0/14 het almal teen mekaar gekompeteer.  Hulle uitslae was as volg:

Reece Gorrah wen 2 van 5.

Cailin Gorrah wen 3 van 5.

Nic Fourie wen 2 van 5.

Janru Botha wen 2 van 5.

Ané Botha(Graad 1) het in haar eerste toernooi gespeel en was die enigste 0/8 leerder wat deelgeneem het.  Die dapper dogter het dus sommer self aan die diep kant ingespring en pragtig geswem!

Baie geluk ook aan Amethyst Jacobs wie die beste 0/16 speler was!