Die dag waarop Hoërskool Hopetown se skoolhoof verjaar, is altyd ‘n besonderse dag. Vooraf word daar deur die Matriekraad ‘n tema bepaal vir die dag se verrigtinge.
Al die leerders is altyd vroeg by die skool om gereed te wees vir wanneer ons skoolhoof, op ‘n kreatiewe wyse, deur die leiers na die skool gebring word.
Daar word gesing, dankie gesê vir alles wat meneer vir die skool doen, geskenke oorhandig, koek geëet en almal is gelukkig en vrolik.
Gewoonlik is die pouse effe langer en die skooldag so bietjie korter.